Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Cannon firings at the Taalmonument

December 30, 2017 @ 11:30 am - 12:00 pm

Kanonafvurings by die Taalmonument in die Paarl / Cannon firings at the Taalmonument in Paarl (English below)
Wil jy ‘n kanon afvuur? As jy slim genoeg is, kan jy dalk – by die kanonafvuring op elke laaste Saterdag van die maand by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.
Dié reeks afvurings word in samewerking met CAOSA (Cannon Association of South Africa) aangebied. Die kanon, ‘n Halfponder (1770 Armstrong), word om 12:00 op die Tuinteater-verhoog afgevuur. ‘n Lid van die publiek wat die kannonier se vraag oor die kanon of kanongeskiedenis reg kan beantwoord, kry die geleentheid om die kanon af te vuur. CAOSA reik ‘n sertifikaat uit as bewys dat die persoon die skoot by die Taalmonument afgevuur het.
Die afvuring word voorafgegaan deur ‘n kort praatjie oor die geskiedenis van Suid-Afrika se kanonne as vorm van kommunikasie, waaronder die VOC-kanonseinstelsel, asook ‘n demonstrasie van die gebruik van al die laaigereedskap. Die kanon word gelaai met buskruit (geen projektiel). Die praatjie word om 11:30 in Engels aangebied en om 11:45 in Afrikaans.
Volgens kanonnier Riaan Conradie, wat die demonstrasies by die Taalmonument behartig, beskik Suid-Afrika oor een van die grootste verskeidenheid voorlaaierkanonne in die hele wêreld: “Baie van hierdie kanonne is oor die jare ongelukkig erg verwaarloos en soms selfs vernietig. Dit is CAOSA se missie om navorsing te doen oor hierdie voorlaaierkanonne en die VOC-kanonseinstelsel, asook om hierdie kanonne op te spoor, te restoureer en ten toon te stel om dit vir ons nageslag te bewaar. Die vereniging het al meer as ‘n duisend van hierdie kanonne regoor Suid-Afrika opgespoor, opgemeet en geregistreer in die DURR-rekord van Suid-Afrikaanse Voorlaaierkanonne. Ons gesels tydens ons afvuring ook oor die Sesponder-kanon op Paarlberg en ander kanonne in Drakenstein.”
Kanonafvurings vind in 2017 plaas op 25 November en 30 Desember. In die geval van harde reën, sal die kanonafvuring gekanselleer word.
Die Taalmonument se toegangsfooi is R30 vir volwassenes, R10 vir SA studente en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar). Daar is geen ekstra fooi vir die kanonafvuring nie, maar besoekers is welkom om ‘n donasie aan CAOSA te maak. Vir navrae, kontak Amira Clayton by tel. 021 863 4809/0543 of kommunikasie@taalmuseum.co.za
.
Cannon firings at the Taalmonument in Paarl
Would you like to fire a cannon? If you are clever enough, you might be able to – at the cannon firing at the Afrikaanse Taalmonument in Paarl on the last Saturday of every month.
The firing is part of a series held in collaboration with CAOSA (Cannon Association of South Africa). The cannon, a Half Pounder (1770 Armstrong), is fired at 12:00 from the Garden Theatre stage. The cannoneer will ask a question about the cannon or cannon history and a member of the public who answers correctly, will get the opportunity to fire the cannon. CAOSA issues a certificate as proof that this person has fired the cannon at the Taalmonument.
The firing is preceded by a short talk on the history of South Africa’s cannons as a form of communication, including the VOC cannon signal system, as well as a demonstration of the use of all the loading gear. The cannon is loaded with gunpowder (no projectile). The talk is offered at 11:30 (in English) and at 11:45 (in Afrikaans).
According to cannoneer Riaan Conradie, who is in charge of the demonstrations at the Taalmonument, South Africa has one of the biggest varieties of muzzle loading cannons in the world: “Unfortunately many of these cannons have been grossly neglected and some even destroyed. It is CAOSA’s mission to research these cannons and the VOC cannon signal system, as well as to track, restore and display the cannons to preserve their heritage for future generations. The association has already found, measured and registered more than 1 000 of them in the DURR record of South African Muzzle Loading Cannons. In our talk we also refer to the Six pounder cannon on Paarl Mountain, and other cannons in Drakenstein.”
For the year 2017 cannon firings are scheduled for 25 November en 30 Desember. In case of heavy rain, the cannon firing will be cancelled.
The entrance fee at the Taalmonument is R30 for adults, R10 for South African students and R5 for children (free under six years). There is no extra fee for attending the cannon firing, but visitors are welcome to give a donation to CAOSA. For enquiries, contact Amira Clayton at tel. 021 863 4809/0543 of kommunikasie@taalmuseum.co.za.

Details

Date:
December 30, 2017
Time:
11:30 am - 12:00 pm
Event Category:

Venue

Afrikaanse Taalmonument
Afrikaanse Taalmonument Western Cape South Africa + Google Map
Phone:
+27(0)21 863 0543/ 4809