Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

MARKietie 2019

October 4 @ 7:00 am - October 6 @ 10:00 pm

M A R K I E T I E 2 0 1 9

Ons jaarlikse MARKietie is om die draai! 4 – 6 Oktober is dit die plek om te wees vir heerlike kos, geselligheid en feestelike musiek.

VRYDAG, 4 OKTOBER:
Tussen 9:00 en 14:00 open ons die deure vir ‘n spesiale skole MARKietie!

Vanaf 17h00 kan gaste heerlike feeskos kom geniet. Jy sal selfs jou gunstelinge daar kry: pannekoek, burgers en die alom bekende basaarpoeding! Kom kuier saam onder ons feestent in die lentesonnetjie terwyl jy ‘n drankie geniet saam met familie en vriende.

Daar is heelwat stalletjies propvol lekkergoed, snuffelgoed, tuisgebak en selfs wit olifante..

Bring gerus jou kinders saam! Toesig word voorsien. Jou kinders is veilig en geniet hulle gate uit terwyl julle met geruste harte lekker kan ontspan.

Lewendige musiek en heerlike potjiekos sal in die feestent te koop wees. Skakel gerus die kerkkantoor as julle vooraf kos wil bespreek (sien nommer onderaan). Die stalletjies sal oop wees tot 20:00. Die kinderarea is oop tot 22:00

Om 20:00 begin die veiling. Uitgesoekte lotte sal beskikbaar wees. Versamelwyne, drinkwyne en so paar ander verrassings. Maak seker jy registreer onder die feestent voor 20:00 om deel te neem.

SATERDAG, 5 OKTOBER:
Saterdag se feestelikheid begin 9:00 en duur voort tot 14:00
Kom geniet jou dag saam met geliefdes. Alles van ‘n teetuin, heerlike koffie, pannekoek, roosterkoek, tuisgebak, basaarpoeding, wildspastei, snuffelgoed, geskenke, feeskos, burgers, wyn, bier, slushies, lekkergoed en vele meer sal beskikbaar wees!

SONDAG, 6 OKTOBER:
Ons sluit ons MARKietie FEESNAWEEK af met ‘n diens in Toringkerk om 9:00. Enige iemand welkom. Kom vier saam gemeente wees, lief wees en deel in ons danksegging vir hierdie wonderlike geleentheid. (Geen stalletjies/feestent die Sondag)

VIR MEER INLIGTING KONTAK GERUS DIE KERKKANTOOR:
021 872 6730

SIEN JOU DAAR!

A L M A L W E L K O M !

Details

Start:
October 4 @ 7:00 am
End:
October 6 @ 10:00 pm
Event Category:

Venue

NGK TORINGKERK
HOOF EN VAN DER LINGENSTREET
PAARL, 7646 South Africa
+ Google Map

Details

Start:
October 4 @ 7:00 am
End:
October 6 @ 10:00 pm
Event Category:

Venue

NGK TORINGKERK
HOOF EN VAN DER LINGENSTREET
PAARL, 7646 South Africa
+ Google Map