Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Paarl Skouspel 2019

July 18 @ 7:00 pm - July 20 @ 10:00 pm

Paarl Skouspel is ‘n liefdadigheids-projek wat’n uitsonderlike aanbieding deur lede van die plaaslike gemeenskap, áán die gemeenskap behels.
Die hoof doel van hierdie projek is om fondse te genereer vir 2 nie-winsgewende instansies; die plaaslike Valley of Abundance welsyns organisasie en die nasionale Teater Bystandsfonds. Web-links na beide hierdie instansies verskyn onderaan hierdie bladsy**.
Die 2019 Skouspel groep bestaan uit lede van die Paarl gemeenskap wat ons gehore gaan vermaak met musiek van plaaslike sowel as internasionale kunstenaars. Hoewel die Skouspel alles en nog meer sal behels wat die bekende eweknie in die stede ons bied, is die grootste (en bykans enigste) verskil dat ons kunstenaars nie werklik sal sing nie. Meeste van ons ken die beginsel agter lip-sync**. Daar is verskeie redes vir hierdie tipe opvoering, waarvan logistiek, professionalisme, klank ens. die mees algemene is.
Ons deelnemers oefen meer as een keer per week vir langer as 3 maande om aan ons gehore ‘n uitstekende, professionele en uiters vermaaklike program aan te bied.
SAVE THE DATE!!
18 Julie 2019 – Kleedrepitisie & ‘n Ope Uitnodiging aan alle Senior Burgers. Tee & scones word bedien. Besprekings noodsaaklik
19 & 20 Julie 2019 – Showtime!
PLEK : Paarl Stadsaal
TYD : 19h00 vir 19h30
* https://www.valleyofabundance.co.za/ & http://tbfsa.co.za/
**https://en.wikipedia.org/wiki/Lip_sync

 

Details

Start:
July 18 @ 7:00 pm
End:
July 20 @ 10:00 pm
Event Category:

Venue

PAARL TOWN HALL
PAARL TOWN HALL, MAIN STREET + Google Map
Phone:
021 872 2651

Details

Start:
July 18 @ 7:00 pm
End:
July 20 @ 10:00 pm
Event Category:

Venue

PAARL TOWN HALL
PAARL TOWN HALL, MAIN STREET + Google Map
Phone:
021 872 2651