Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Piekniek onder ’n volmaan in die pragtige omgewing by die Taalmonument  

March 2 @ 5:00 pm - 10:00 pm

Piekniek onder ’n volmaan in die pragtige omgewing by die Taalmonument

Soms is als net maanskyn en rosegeur, veral as jy die volmaan van nader bekyk op ‘n heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg – en dit boonop ten bate van geletterdheid. Daarom nooi die ikoniese Afrikaanse Taalmonument se vriendelike personeel almal hartlik uit om saam met ons ‘n Volmaanpiekniek op Vrydag, 2 Maart 2018, te hou – die laaste een van hierdie somerseisoen.

Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei, berge en Kaapse Skiereiland geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou.  ’n Gratis begeleide toer om 18:30 sal onder meer die simboliek van die monument, ‘n beeldhouwerk sonder weerga,  verklaar.

Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies te bring of een vooraf te bestel (teen R300 vir twee persone, of R400 met ‘n mandjie ingesluit) by die Volksmond Koffiewinkel  op 021 863 2800. Die onlangs vergrote en verbeterde Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings. Onthou ook asseblief warm klere en ‘n flits. Toegang is R30 per volwassene, R10 vir SA studente en pensionarisse en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar). Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek, en geen besprekings is nodig nie. Jaarpermitte is by die Taalmonument beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot Volmaanpieknieks insluit.

Die piekniekreeks word aangebied ten bate van ‘Laat ons Lees!’, die Taalmuseum se voorleesprojek vir kinders. Piekniekgangers word aangemoedig om ‘n nuwe of tweedehandse kinderboek saam te bring ter ondersteuning van dié projek.

Vir meer inligting oor geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg ons op Facebook.

Die Afrikaanse Taalmonument: kultuur, natuur en plesier. Én omgee vir die gemeenskap van hier.

Picnic under a full moon in beautiful surroundings at the Language monument

You can be over the moon thanks to a perfect evening out by joining the iconic Afrikaans Language Monument’s friendly staff on a beautiful summer’s night on the picturesque Paarl Mountain. So bookmark Friday, 2 March 2018, to share in another Full Moon Picnic, the last one of this summer season, which is also in aid of a local literacy project.

These picnics are very popular with local residents and overseas visitors, who particularly enjoy the sunsets and incredible night scenes of the valley, mountains and Cape Peninsula. Visitors can join us between 17:00 and 22:00. A free guided tour that explains among other things the symbolism of the monument, which is an exceptional sculpture, is offered at 18:30.

Guests are welcome to bring their own picnic baskets or pre-order one (at R300 for two people, or R400 with a basket included) at the Volksmond Coffee Shop on 021 863 2800. The recently enlarged and improved Volksmond will be open for coffee and light refreshments. Please dress warmly and bring a torch. Tickets are R30 per adult, R10 for SA students and R5 for children (free under six years). They are available from Computicket or at the gate, and no booking is required. Annual permits are available at the Language Monument at R120 for individuals or R220 per family, which includes access to Full Moon Picnics.

These evenings are held in aid of ‘Let’s Read!’, the Language Museum’s reading project for children, and visitors are encouraged to donate a new or second-hand children’s book.

For more information about events, concerts and courses at the Language Monument, call 021 863 0543/4809, visit www.taalmonument.co.za or follow us on Facebook.

The Afrikaans Language Monument: culture, nature and pleasure. And playing an uplifting role in the community sphere.

Details

Date:
March 2
Time:
5:00 pm - 10:00 pm
Event Category:

Venue

Afrikaanse Taalmonument
Afrikaanse Taalmonument Western Cape South Africa + Google Map
Phone:
+27(0)21 863 0543/ 4809