Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Piekniekkonsert: Elvis Blue / Picnic Concert: Elvis Blue

February 17 @ 8:00 pm - 10:00 pm

Elvis en die Taalmonument / Elvis and the Afrikaans Language Monument (English below)

Die energieke en vrygewige sangsensasie Elvis Blue gaan besoekers aan die Afrikaanse Taalmonument op Saterdag, 17 Februarie 2018, betower tussen die groen en graniet op Paarlberg. Dié koning van konserte het al talle pryse vir sy topverkoper-albums ontvang, dus daar is g’n kans dat aanhangers en nuwe aanhangers ‘n bloutjie gaan loop nie. Boonop is dit deel van die monument se Konsertreeks – waaroor inwoners, buitelanders en toeriste gaande is – en ten bate van die ‘Laat ons Lees!’ geletterheidsprojek vir kinders; iets wat goed inskakel by Elvis se eie liefdadigheidsprojekte.

Hy bly ‘n uitsonderlike musikant danksy sy vermoë om beide Engelse en Afrikaanse musiekgenres met gemak en relevansie te oorbrug, soos te hore in sy albums wat ‘Elvis Blue’, ‘Journey’ en ‘Afrikaans’ insluit. Met sy unieke kombinasie van charisma en egtheid is Elvis se vertonings nie net bekend vir die perfekte kombinasie van bekende oorspronklike treffers en nuwe musiek nie, maar ook vir sy komiese en dikwels lawwe vertellings wat gehore meevoer op ‘n reis wat beide persoonlik en vermaaklik is.

Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die sagte grasperk reg aan die voet van die monument terwyl die son se laaste strelende strale kwyn. Besoekers is welkom om vooraf die beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparkie vermaak. Bring jou eie drankies (geen glas) en piekniekmandjie of bestel een vooraf by die vergrote en verbeterde Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800. Koffie, ligte verversings, wyn en bier sal ook te koop wees.

Kaartjies is vooraf beskikbaar by Computicket en die Taalmonument teen R140 vir volwassenes, R130 vir studente en R70 vir kinders onder 13 jaar. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Helaas word geen honde of vure toegelaat nie. Die volgende en laaste piekniekkonsert is met Die Heuwels Fantasties (24 Maart).

Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoekwww.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument. Meer oor Elvis by www.elvisblue.co.za

Elvis and the Afrikaans Language Monument

The energetic and generous singing sensation Elvis Blue will mesmerise visitors to the Afrikaans Language Monument on Saturday, 17 February 2018, between the green and granite on Paarl Mountain. This king of concerts has won numerous prizes for his best-selling albums, so there’s no chance that fans and new fans will suffer from the blues. In addition, this forms part of the monument’s Concert Series – loved by residents, foreigners and tourists – in aid of the ‘Let’s Read!’ literacy project for children; something that fits in well with Elvis’s own charity projects.

He remains a rare breed in his ability to straddle both English and Afrikaans music genres with ease and relevance, as one can hear on his ‘Elvis Blue’, ‘Journey’ and ‘Afrikaans’ albums. With his unique blend of charisma and authenticity, Elvis’s shows are known for not only the perfect blend of well-known original hits and new music, but also for his comical and often whimsical story telling that sweeps audiences along in a journey that is both personal and entertaining.

The show starts at 20:00 in the Garden Theatre – a smaller sibling of the famous Paarl Amphitheatre – on the soft lawn right at the foot of the monument while the sun’s last soothing rays fade away. Visitors are welcome to explore the scenic surroundings via the footpaths while the children entertain themselves in the playground. Bring your own drinks (no glass) and picnic basket or order one at the enlarged and improved Volksmond Coffee Shop on 021 863 2800. Coffee, light refreshments, wine and beer will also be on sale.

Tickets are available at Computicket and the Language Monument at R140 for adults, R130 for students and R70 for children under 13. Bring a blanket or pillow and warm clothes. Safe parking is available and entry is controlled. Unfortunately, no dogs or fires are allowed. The next and last picnic concert is with Die Heuwels Fantasties (24 March).

For further information, call 021 863 0543/4809 or visitwww.taalmonument.co.za and www.facebook.com/afrikaansetaalmonument. More on Elvis at www.elvisblue.co.za

Details

Date:
February 17
Time:
8:00 pm - 10:00 pm
Event Category:

Venue

Afrikaans Language Monument
Paarl, Western Cape 7620 South Africa + Google Map
Phone:
021 863 0543/ 4809