Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Valentynspiekniekkonsert / Valentine’s Picnic Concert

February 14 @ 7:30 pm

Ernie Smith bemin en bekoor piekniekers op Valentynsdag by Taalmonument / Ernie Smith will cherish and charm picnickers on Valentine’s Day at Language Monument (English below)

Rooi tapyt en feëliggies wag op geliefdes op ‘n soel somersaand

Valentynsdag beteken daar is selfs meer liefde in die lug by die Taalmonument danksy afro-jazz minnesanger Ernie Smith en die Sean D Band wat harte vinniger gaan laat fladder met hul strelende klanke. Bring dus jou geliefdes en sluit by ons aan vir ’n lieflike, sjieke piekniek onder die Paarlse sterre op 14 Februarie 2018. Gaste gaan boonop die Tuinteater kan betree op ’n rooi tapyt en hul neervly op die sagte gras waar vonkelende feëliggies ’n magiese aand sal belig. Die geleentheid is ook ’n riem onder die hart vir die monument se ‘Laat ons Lees!’ geletterheidsprojek vir kinders aangesien ‘n deel van die inkomste daarvoor aangewend word.

Die bekroonde Ernie – bekend as ‘n geniale kitaarspeler en musiekvervaardiger van onder meer sy eie album, ‘Times for Love’ – gaan van sy toptreffers soos ‘Love Don’t Hurt Me So Bad’ en ‘When I’m Feeling Kinda Lonely’ speel, wat vir seker die liefdesdag op ’n hoë noot sal afsluit. Hy het ook al opnames met onder andere Jonathan Butler, Kirk Whallum, Neville D, Bebe Winans en John Ellis gedoen.

Besoekers word aangemoedig om hulself in swierige swart, rooi en wit klere uit te rus en ‘n paar heerlike wyne te proe; die wyne sal ook te koop aangebied word. Die hekke open om 17:00 en die vertoning begin om 19:30 aan die voet van die monument terwyl die son se laaste strelende strale kwyn. Gaste is welkom om vooraf die beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparkies vermaak. Bring jou eie piekniekmandjie of bestel een vooraf by die vergrote en verbeterde Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800. Koffie, ligte verversings, wyn en bier sal ook te koop wees.

Kaartjies is vooraf beskikbaar by die Taalmonument of Computicket teen R150 per volwassene, R140 vir studente en R70 vir kinders onder 13 jaar; hulle kan ook by die hek gekoop word. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Helaas word geen honde of vure toegelaat nie. Die volgende piekniekkonserte is met Elvis Blue (17 Februarie) en Die Heuwels Fantasties (24 Maart).

Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoekwww.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

Ernie Smith will cherish and charm picnickers on Valentine’s Day at Language Monument
Red carpet and fairy lights await loved ones on a balmy summer’s evening

Valentine’s Day means there’s even more love in the air at the Language Monument as afro-jazz singer Ernie Smith and the Sean D Band will quicken the heart rates with their soothing sounds. So bring your loved ones and join us for a lovely, chic picnic under the starry Paarl skies on 14 February 2018. Moreover, guests will enter the Garden Theatre on a red carpet before settling on the soft grass where sparkling fairy lights will illuminate a magical evening. The occasion is also heart-warming in another respect as a part of the income is in aid of the monument’s ‘Let’s Read!’ literacy project for children.

The award-winning Ernie – known as a genius guitarist and music producer of amongst other his own album, ‘Times for Love’ – will play his top hits like ‘Love Do not Hurt Me So Bad’ and ‘When I’m Feeling Kinda Lonely’ that will certainly end this lovely day on a high note. He has also recorded with Jonathan Butler, Kirk Whallum, Neville D, Bebe Winans and John Ellis.

Visitors are encouraged to wear black, red and white clothing, and participate in a wine tasting; the wines will also be on sale. The gates open at 17:00 and the show starts at the foot of the monument at 19:30, under the sun’s last soothing rays. Guests are welcome to explore the scenic surroundings on footpaths while the children can entertain themselves on the playgrounds. Bring your own picnic basket or order one at the enlarged and improved Volksmond Coffee Shop on 021 863 2800. Coffee, light refreshments, wine and beer will also be for sale.

Tickets are available in advance at the Language Monument or Computicket at R150 per adult, R140 for students and R70 for children under 13; they can also be bought at the gate. Bring a blanket or pillow and warm clothing. Safe parking is available and entry is controlled. Unfortunately no dogs or fires are allowed. The next picnic concerts are with Elvis Blue (17 February) and Die Heuwels Fantasties (24 March).

For further information, call 021 863 0543/4809 or visitwww.taalmonument.co.za and www.facebook.com/afrikaansaalmonument

Details

Date:
February 14
Time:
7:30 pm
Event Category:

Venue

Afrikaanse Taalmonument
Afrikaanse Taalmonument Western Cape South Africa
Phone:
+27(0)21 863 0543/ 4809