Loading Events

« All Events

Vroue Netwerk Ontbyt: Paarl

June 7 @ 8:30 am - 12:30 pm

Kom spandeer ‘n gesellige oggend saam met vroue entrepeneurs van die Paarl omgewing wat hul eie besighede gaan ten toon stel, ontdek wie doen wat en kry die geleentheid om lekker te netwerk tussen die gaste, ander besigheidseienaars en ondersteuners. Indien jy nie self ’n besigheidsvrou is nie, is dit ‘n ideale geleentheid om hierdie vroue te ondersteun, geinspireer te word en saam te kom ontspan.

Sou jy ‘n besigheidseienares wees van die Paarl omgewing wat graag van hierdie fantastiese geleentheid gebruik wil maak om wonderlike blootstelling te kry, vul gerus hierdie vorm in op ons webtuiste: www.vrouenetwerk.com/kontak-ons.

Vroue word ook toegerus die oggend van die Ontbyt met nuttige besigheidswenke en handige informasie vir entrepeneurs om toe te pas in hul eie besigheid.

’n GESKENKSAK vol verrassings vir elke vrou, talle GELUKKIGE TREKKINGS en REUSE PRYSE verseker dat elkeen bederf gaan word!

Bespreek jou plek so gou as moontlik – BEPERKTE PLEKKE beskikbaar! (Geen tafel besprekings)

Lees meer oor die Vroue Ontbyt: www.vrouenetwerk.com

Details

Date:
June 7
Time:
8:30 am - 12:30 pm
Event Category:

Venue

Eben-Haezer Wedding and Function Venue
10 Sonstraal Rd
PAARL, WESTERN CAPE 7646 South Africa
+ Google Map