Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Paarl: Voorbereiding vir Dissiplinêre Verhore – Werkswinkel

May 21 @ 8:30 am - 1:00 pm

Teikengroep: Bestuur

Die doel van die program:

Dit gebeur dikwels dat dissiplinêre optredes of by die KVBA eindig of interne konflik en ongelukkigheid veroorsaak.
Van uiterste belang is dus dat almal wat mense bestuur deeglik vertroud is met die hantering en bestuur van swak werksprestasie.
Leerders sal na hierdie seminaar nie net weet hoe om hierdie proses te bestuur nie, maar ook hoe om voorkomend op te tree, goeie menseverhoudings te skep en dissipline konsekwent en billik toe te pas.

Inhoud:

PUNTE WAT AANGERAAK SAL WORD

1. Wat is dissipline?
2. Wat bepaal die toepassing daarvan?
3. Regte van die werkgewer tov die toepassing van dissipline – Beleid en Kode
4. Regte van die werknemer
5. Wat is wangedrag?
6. Wat is onbekwaamheid?
7. Wat is dit om ongeskik te wees vir ‘n taak?
8. Die Voorondersoek
9. Selfinkriminering en die Swygreg
10. Lokvalle
11. Poligraaf- en ander leuenverklikker toetse
12. Dwelm en Alkohol misbruik
13. Getuies en voorbereiding van getuies
14. Besluit oor die Verhoorbeampte en sy/haar magte
15. Klagstaat
16. Vooraf skorsing al dan nie
17. Lei van getuies tydens verhoor
18. Verswarende / Versagtende omstandighede
19. Versoek tot spesifieke sanksie
20. Oordra van uitkoms aan Aangeklaagde

Duur: +-4 uur
Minimum per Groep: 10
Maksimum per groep: 20
Aanbieding: Afrikaans & Engels
Koste: R750 per persoon, plus BTW en reiskoste

 

Hierdie opleiding word ook inhuis aangebied en u is baie welkom om ons kantore te skakel vir meer inligting.
info@hopcal.co.za / 021 8630830

 

Details

Date:
May 21
Time:
8:30 am - 1:00 pm
Event Category:

Venue

KWV Paarl
La Concorde, 57 Main St
PAARL, WESTERN CAPE 7646 South Africa
+ Google Map

Details

Date:
May 21
Time:
8:30 am - 1:00 pm
Event Category:

Venue

KWV Paarl
La Concorde, 57 Main St
PAARL, WESTERN CAPE 7646 South Africa
+ Google Map