Loading Events

← Back to Events

Breytenbach Sentrum, Wellington

+27(0)83 415 0002

July 2015

June 2016

Breytenbach Sentrum – Lucy Kruger

June 25, 2016 @ 2:00 pm
R 50.00

Kom sluit ná die kunsopening van André du Toit en JP Meyer in die galery by ons aan saam met Lucy Kruger, Andre Leo en Werner Von Waltsleben in die teater. Lucy se debuutalbum, Cut those Strings, is in 2013 vrygestel en sedertdien toer sy deur die land en tree op saam met verskeie kunstenaars. Sy neem ook ’n EP op saam met The Lost Boys, waarmee sy haarself vestig in die genre van psychedelic folk. Haar droomagtige lirieke en meesleurende…

Find out more »

Breytenbach Sentrum – Storieland Hier Kom Ons

June 27, 2016 @ 10:00 am - 1:00 pm
R30.00

Die storie-feetjies lees stories en rympies en speel lekker speletjies. Kreatiewe inkleur en skattejag en paar ander verrassings kan verwag word. Pak asseblief vir jou kind n kosblikkie in, behalwe vir die Pizzadag op Vrydag 01 Julie 2016.

Find out more »

Breytenbach Sentrum – Syskermdruk

June 29, 2016 @ 12:30 pm - 2:00 pm
R 30.00

Kom leer hoe om jou eie motiewe en ontwerpe op lap te druk en jou eie bandanas te maak. As jy wil, kan jy ook jou eie T-Hemp saambring om daarop ook drukwerk te doen. Pak asseblief vir jou kind n kosblikkie in, behalwe vir die Pizzadag op Vrydag 01 Julie 2016.

Find out more »

Breytenbach Sentrum – Stories en Film

June 30, 2016 @ 10:00 am - 12:00 pm
Free

Na storietyd gaan ons die baie opwindende film - Zootopia, kyk en springmielies eet. Pak asseblief vir jou kind n kosblikkie in, behalwe vir die Pizzadag op Vrydag 01 Julie 2016.

Find out more »

July 2016

Breytenbach Sentrum – Poppekas en Pizza

July 1, 2016 @ 10:00 am - 12:30 pm
R 50.00

Kom kyk poppekas en maak jou eie pizza (Koeldrankie ingesluit).

Find out more »

Breytenbach Galery – Sop en Brood Uitstalling

July 23, 2016 @ 11:00 am
|Recurring Event (See all)

An event every day that begins at 11:00 am, repeating until August 25, 2016

Free

Die Breytenbach Galery nooi u hartlik uit na n Groep-Uitstalling. Openingspreker: Die Befaamde Sjef - Johan van Schalkwyk

Find out more »

Peter Mitchell & Luna Paige

July 30, 2016 @ 8:00 pm

Alhoewel Luna Paige en Peter Mitchell al dikwels saamgewerk het aan produksies en CD-opnames, sal dit die eerste keer wees wat hierdie twee besonderse kunstenaars die verhoog op so ’n intieme wyse, sonder groot orkeste en ekstra instrumentasie, deel. Verwag hoendervel-mooi musiek. 20:00 | R120

Find out more »

August 2016

Emily Hobhouse-boekbekendstelling

August 13, 2016 @ 11:00 am

Tafelberg-Uitgewers en die Breytenbach Sentrum nooi jou uit na die bekendstelling van die Emily Hobhouse-biografie. Skrywer, Elsabé Brits, sal met Elna van der Merwe, boekredakteur van Huisgenoot, in gesprek wees. Die eerste 100 gaste wat ’n kopie van die boek koop, ontvang ’n Emily Hobhouse-blikbeker. 13 Augustus om 11:00. Toegang is gratis, maar besprekings is noodsaaklik aangesien toegang beperk is. Ligte verversings sal bedien word. RSVP: rsvp@nb.co.za of 021 406 3477

Find out more »

September 2016

Breytenbach Sentrum- Skryfskool fokus op manuskripontwikkeling

September 24, 2016 @ 8:00 am - 5:00 pm

Die Breytenbach Sentrum se skryfskool vir voornemende prosa-skrywers, onder leiding van Rachelle Greeff, het só uitgebrei dat dit voortaan oor ’n tydperk van ’n jaar aangebied word. Die einddoel van die kursus is dat die deelnemer ’n publiseerbare manuskrip, hetsy ’n roman of bundel kortverhale, aan ’n uitgewery kan voorlê vir moontlike publikasie. Die kursus skop af op Saterdag, 24 September, en die kostes beloop R1,500 per maand (insluitende ligte verversings en leesmateriaal). Die kursus is intensief gefokus op manuskrip-ontwikkeling…

Find out more »

November 2016

Boekbekendstelling: Winnie Rust – Katryn

November 29, 2016 @ 6:00 pm - 8:00 pm

Litera Publikasies sien jou graag by die bekendstelling van Winnie Rust se laaste boek, Katryn. Olivia le Cordeur, kurator van die Wellington­-museum, en Christine Siebrits, voorsitter van Vriende van die Museum sal gesels oor die tyd en die wêreld van Katryn, die enigmatiese kroegmeisie van die Masonic-­hotel, en Blink Ben Marais van die spogplaas Wolwehoek. Suzette Kotze­ Myburgh vertel meer oor die werk van dié geliefde skrywer. Almal is welkom. RSVP voor 25 November by Olivia Ockhuis: 021 ­873 2786…

Find out more »

December 2016

James Grace – Guitar Hero

December 9, 2016 @ 8:00 pm - 10:00 pm

In hierdie produksie bring die bekroonde en veelsydige kunstenaar, James Grace, hulde aan die groot kitaarikone van die twintigste eeu – insluitende The Shadows, The Beatles, Eric Clapton en natuurlik, Spaanse musiek. Met Grace se virtuose verwerkings en tegnieke vir solo-kitaar, is hierdie produksie ’n viering van die kitaar as moderne instrument. 9 Desember | 20:00 | R100

Find out more »

Voël innie hand

December 9, 2016 @ 8:00 pm - 10:00 pm

’n Ge-oliede ou akteur loop op die verhoog en begin speel aan die openingstoneel van die klug wat hy en ander akteurs opvoer. Dinge gaan goed tot hy skielik besef hy’s alleen, daar is nie ander spelers nie! Hy besluit dat hy die vertoning nogtans gaan doen, op sy eie. Reis saam met Pierre van Pletzen – bekend as Oubaas  van 7de Laan - op ’n wipplank-rit wat snaaks begin en…snaaks eindig. 13 Desember | 20:00 | R100

Find out more »

Sydwell Beziek in konsert

December 18, 2016 @ 7:00 pm - 9:00 pm

Kom ervaar Paarl se eie divo, Sydwell Beziek, se eerste solo-konsert in ses jaar. Sang uit die boonste rakke! 18 Desember | 19:00 | R80

Find out more »
+ Export Events