Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Virtuele werkswinkel oor die skryf van gedigte

March 30 @ 5:00 pm

Laat jou gedig die lig sien / Bring your poems to light
Taalmonument bied weer gewilde werkswinkel, maar nou virtueel
Vir diegene wat dalk soms ʼn bietjie dig voel as hulle pen op papier of vinger op sleutelbord plaas om ʼn gedig op te tower, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) weereens ʼn poëtiese oplossing: ʼn virtuele werkswinkel met die geliefde digkunskenner prof Bernard Odendaal op Dinsdag, 30 Maart 2021.
Die genotvolle laatmiddag, aangebied in samewerking met die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, sal verskeie aspekte van digkuns bespreek asook ʼn praktiese afdeling waarin daar aan deelnemers se gedigte geskaaf sal word. Aangesien die werkswinkel gemik is op belangstellendes wat reeds dig, maar kundigheid oor hoe om hul gedigte beter en treffender te maak wil opdoen, word hulle aangemoedig om een van hul gedigte byderhand te hou.
Odendaal, die direkteur van die ATKV-Skryfskool, is ’n deskundige op die gebied van die Afrikaanse digkuns en self ’n gepubliseerde digter, liedteksskrywer en essayis; sy tweede digbundel – Nootvat. Kwashaal. Stapel. – verskyn in April 2021. Hy sal die gesprek lei, met verwysing na ʼn gidsboekie wat vooraf beskikbaar gestel sal word aan ingeskrewenes.
Van die vrae wat onder die loep geneem gaan word, is: waarom skryf ons as mense gedigte; wat onderskei gedigte van ander soorte skryfwerk; verskil liedtekste en gedigte enigsins van mekaar; en op grond waarvan kan ’n mens die kunsgehalte van ʼn gedig bepaal? Ná afloop daarvan sal werkswinkelgangers genooi word om twee weergawes van ʼn eie gedig aan die aanbieder te stuur vir kommentaar: soos dit gelyk het vóór die tyd, en hoe dit verwerk of herskryf is na aanleiding van die kundighede wat by die werkswinkel opgedoen is.
Dit kursus vind vanaf 17:00 tot 20:30 plaas om leerders en werkendes in ag te neem, en kos slegs R250 per persoon. Getalle word beperk, dus bespreek asseblief teen 28 Maart 2021 by Jeffrey Pietersen op 021 872 3441 of bemarking2@taalmuseum.co.za om deelname te verseker. Meer oor die ATKV-Skryfskool by http://humanities.nwu.ac.za/af/atkv-creative-writing/oor-ons
Die ATM bied jaarliks ʼn reeks kursusse en werkwinkels aan wat fokus op die ontwikkeling van basiese vakkundige vaardighede. Vanjaar se program sluit onderwerpe soos boekherstelwerk en ʼn AWS-werkwinkel in. Voorstelle vir bykomende werkwinkels word verwelkom. Vir meer inligting oor al die ander beplande geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument (met covid-19 wat in gedagte gehou word), skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. DIE MONUMENT EN MUSEUM IS STEEDS OOP VIR BESOEKERS.

Details

Date:
March 30
Time:
5:00 pm
Event Categories:
,

Venue

Afrikaanse Taalmonument
Afrikaanse Taalmonument Western Cape South Africa + Google Map
Phone:
+27(0)21 863 0543/ 4809

Details

Date:
March 30
Time:
5:00 pm
Event Categories:
,

Venue

Afrikaanse Taalmonument
Afrikaanse Taalmonument Western Cape South Africa + Google Map
Phone:
+27(0)21 863 0543/ 4809