PAARL EN WELLINGTON ONTVANG GOEDKEURINGSTEMPEL
Die Wêreld Reis- en Toerismeraad (WTTC) het die ‘Safe Travels’ goedkeuringstempel aan Paarl en Wellington toegeken. Dit beteken dat beide streke die streng riglyne en protokol toepas wat voorgeskryf word deur internasionale standaarde en dat reisigers met volle vertroue weer die talle toerisme-attraksies kan besoek.